Saturday, April 10, 2004

Elegie van ‘n stadskind

Elegie van ‘n stadskind

Reeds 2000 jaar gelede

Verbied deur volwasse familielede

Om met ‘n Oom te gesels

Volgens die wet van die Perse en Mede

Sangers wat meer as net sing

Ouers wat hul kinders met haat deurdring

Kinderlike onskuld word verloor

Wanneer gedagtes, pyne, emosies hul lewens vermoor

Êrens in die Reënboog huil ‘n kind troosteloos

Vir die ding in die donker – boos

Sy hart klop vinniger, harder, deurdringender...

‘n lewe verwoes – vertrape roos