Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Saturday, February 23, 2008

My Woorde

Woorde. Sommige kere so subtiel soos 'n sjokolade-truffel wat jy aan jou geliefde voer en dan stadig in haar mond wegsmelt. Maar woorde kan ook 'n storm in 'n koppie laat losbars, met Katrina se proporsies.

Allterasie en Assonansie - maniere hoe woorde kan vervleg word in 'n taaldans: Ritmies. Lewendig. Polsend.

Sommige mense sal van mening wees dat my skryfstukke effens ongestruktueerd is, meet geen kans dat dit voldoen aan die taalstruktuur van Standaard-Afrikaans( of Engels) nie!

My skryfstukke kan in dieselfde lig gesien word as 'n vrye vers. Per definisie is 'n vrye vers nie soseer gekoppel aan 'n vaste digstrukteer nie.

In daardie lig wissel my skryfstukke ook: paragrawe is nie ewe lank nie of sommige kere begin my sinne verkeerd, byvoorbeeld op 'want' en 'maar'.

Wat ek hiermee regkry, is om my woorde neer te pen, soos dit rondval in my gedagtes: ru en teer.

So, as julle nie hou van die manier hoe ek my tweetaligheid 'verkrag' nie, maak soos Kerkorrel sing in die laat 80's en vroeë 90's "SIT DIT AF, SIT DIT AF!"

Wednesday, February 8, 2006

Kringe in my bos

Apologie aan Saul Barnard

“Die lewe is ’n skewe sirkel, pa. Aan die een kant is die houtkopers besig om die houtkappers uit te mergel, terwyl die houtkappers besig is om die Bos uit te mergel…”

Twee jaar het verloop vandat ek Kringe in ’n Bos gelees het as deel van my Matriek Afrikaans. Aanvanklik was die milieu van Kringe, ’n bietjie moeilik om te begryp, maar toe ons redelik gevorder het in die boek begin die sirkel motief wat handel oor die tydlyn waar die verhaal homself afspeel, wél toe val alles in plek soos ’n legkaart.

Tot die een aand toe ons ’n jeugspan vergadering gehad het, het ek nie rêrig gedink dat dié boek sou ’n groot invloed op my lewe hê nie, maar sommige waarhede wat Saul gepraat en gedink, het onverwags tog vasgesteek. Dankie Saul.

Waar ek nou die eerste paar woorde van hiérdié paragraaf nou tik, is ek al reeds vir vyf dae by die huis nadat ek op die 3de Februarie van hierdie jaar my diploma kursus by CTI klaargemaak het. Dit voel nog steeds ’n bietjie onwerklik - een oomblik worry ek myself siek oor die eksamens en skielik is als maar net ’n vae herinnering.

Julle wonder seker waar pas Kringe in ’n Bos nou in. Om mee te begin, juis die feit dat ek klaar geswot is, ’n voltooide sirkel in my lewe. Die voltooide sirkel in my lewe verteenwoordig natuurlik my opvoeding wat ek ontvang vandat ek oud genoeg was om skool toe te gaan, tot die dag toe ek my studies voltooi het. Selfs hierdie sirkel het sekondêre sirkels binne – in homself.(Ja, my sirkel net soos ek is manlik).

My jaar (1991) wat ek in pre-primêr in Fanie Theron gespandeer het kan gesien word as die begin van my laerskool loopbaan. Die opeenvolgende jaar tot die einde van 1997, was ek Paarl Skool gewees, en daarna weer teruggekom Fanie Theron toe vir my graad 6 en 7 jaar. Die Paarl Skool sirkel natuurlik is ook ’n siklus op sy eie.

Toe ek graad 7 aan die einde van 1999 voltooi, op die vooraand van die nuwe millennium, is my laerskool siklus, wat my jare by Paarl Skool insluit, afgesluit en die jaar daarop my Hoërskool sirkel begin! Die nuwe sirkel, soos ek baie gou sal ontdek het eintlik omtrent vir elke jaar sy eie siklus gehad, maar ook vir sekere goed wat ek aangepak het, het ook sy eie siklus gehad.

Die jare het verby gevlieg en toe land ek in Matriek en raai wat, Saul Barnard se biografie word my voorland in die eerste drie maande van my sewe maand siklus van my laaste jaar op skool!

Dis ook in die tweede maand van dié jaar wat ek malkop verlief raak op ’n vriend vir die afgelope twee jaar of so. Die gevoel haar uit te vra, het die sterkste begin klop, so twee dae voor dat Kupido sy pyl en boog span en onverwagte paartjies vang. Toevallig was daar ’n hipnotiseur daardie dag by die skool, maar geen bewys kan gevind word dat hy verantwoordelik is vir enige bonatuurlike intervensie nie.

Miskien was dit die feit dat die matriekraad daardie bestemde aan ballonne opgeblaas het vir die vale en dat ons boonop die rose die volgende dag, saam met die ballonne teen halfprys kan kry. So die volgende dag, so tien minute voordat die klok gelui het, het ek en sy ’n alleen oomblik saam (nie wat julle dink nie ...) en dis waar ek die groot vraag vra( wél altans die tweede grootste vraag wat bestaan).

Ons was toe vir 8 maande saam, toe sy my in die middel van my finale eksamen net los? Goed die hele scenario rondom die feit dat sy my gelos het is nog steeds vaag. Dus sal daar nie in diepte ingegaan daarop nie. Dus het daardie sirkel op ’n seer manier geëindig.

Anyway, so twee maande daarna vind ek uit dat ek my graad 12 jaar geslaag het en dat ek binne volgende twee weke kan begin by CTI. Dus word nie net my hoërskool siklus voltooi nie maar ook my loopbaan op skool Soos ek al reeds gesê het, slaag ek my laaste eksamen op 3 Februarie 2006. En so word daardie siklus ook afgesluit.

Net soos in Kringe, word daar ook terug na die hede en weer na die verlede gespring, so universeel bestaan daar ook ’n tydsiklus in my lewensverhaal.

Toe ek en Madelein uit mekaar uit is, was daar sekere van die goed (onthou julle nog van die scenario van wat ek gepraat het) wat nie heeltemal opgelos was nie. Daar was soos in die meeste romans toue wat nie saamgebind is om die verhaal te voltooi nie.

Ek gaan op 17 Februarie 2006, finaal afsluiting kry oor wat in die verlede gebeur het, en dus word nog ’n siklus so afgesluit. Ek weet dat ek ook eendag kan sê soos Saul aan die einde van Kringe gesê het, “Maska, gaan roep vir Miss Kate...”, met bedoeling dat die regte persoon gaan nog my paadjie kruis, of dat die persoon al reeds my pad gekruis het, maar ek nog met oogklappe opgesit het.

Tuesday, August 9, 2005

Vasbyt die pad is lank en onvoorspelbaar

Ek het toe nie die werk by Gospel Direct gekry nie. En ek voel nie regtig sleg daaroor nie. Want weereens besef ek dat alles met ‘n doel gebeur end data God altyd in beheer is.

Kyk net na verlede week met my praktiese eksamen wat ek Dinsdag (2 Augustus 2005) geskryf het. Voordat die praktiese eksamen gemerk was, was ek oortuig dat ek dit nie gaan maak nie., maar tog vir die effort wat ek ingesit het, het ek geslaag, al was dit net-net.

Dit laat my nogal dink aan Abraham Lincoln, een van die V.S.A se vele Presidente. Daar het 29 jaar verloop van dat hy die eerste keer bankrot gespeel het, tot sy verkiesing as president van die V.S.A in 1861.

En in daardie 29 jaar, het baie dinge met hom gebeur wat hom oor en oor teen die grond geslaan het. Hy het nadat hy die eerste keer bankrot gespeel het, weer ‘n paar jaar later bankrot gespeel, sy vrou het ‘n paar jaar later gesterf, en nog daarna het hy ook ‘n senu-ineenstorting gehad. Wat merkwaardig is, is dat hy elke keer as ‘n platgeslaan en verpletter was, weer opgestaan voortgegaan met sy lewe.

Bruce Marchiano, die akteur wie die rol van Jesus in die welbekende Mattheus-video vertolk het, vertel die volgende in sy boek, In The Footsteps of Jesus, en ek haal net ‘n klein gedeelte aan.

“…Well in the first year of graduate school, life came crashing down around me (at least it felt that way at the time). Remember the girlfriend … and surprise of all surprises after months of ups and downs; she decided to move on, leaving me a heartbroken wreck.

It felt like I’d been hit by a Mack truck and a day or so after it all came down, I reached the phone to call Dr. Ron. The moment he heard the brokenness in my voice he simply and firmly said “Come over right now.” … Then, as if the add insult to the injury, he opened up his mouth and spoke two shocking sentences:

“Bruce, God has something really big planned for your life. I don’t know what it is, but it is really really big…” 1

En dis toe die waarheid my tref: God beplan iets vir my lewe wat baie groter en meer ondenkbaar is vir my verbeelding. Op daardie stadium was Bruce Marchiano net nog ‘n college student, maar net ‘n paar jaar later sou hy in in Jesus se skoene wees en Jesus se woorde spreek.

Dit kan dalk wees dat die plan wat God vir my het, eers op ‘n latere stadium deur God aan my bekend gemaak gaan word. Maar vir nou moet ek net aanhou leef met my oë gerig na BO en my knieë op die grond, smekend, en my hart naby aan Sy hart.

____________________________________________________

1. Excerpt taken from In the footsteps of Jesus by Bruce Marchiano. Published by Harvest House Publishers, Eugene , Oregon 97402 and Visual Entertainment, Dallas, Texas 75248

Friday, May 6, 2005

Daar’s lig aan die einde van die tonnel (en dis nie ‘n trein nie)

Daar’s ‘n spreekwoord wat lui “If life does not kill you, it makes you a stronger person.” En hiermee wil ek by die kerngedagte kom van dié skryfstuk. Elke iets in die lewe wat seermaak het ‘n sekere doel daaragter. Ekself het al soveel kere die smaak van seerkry in my mond gehad – fisies maar ook veral ‘n goeie skoot emosionele seer.

Hulle(die shrinks), sê dat dit goed is om ontslae te raak van jou baggage, deur om daaroor te gesels. Gewoonlik as ‘n mens daaroor gesels, veral teenoor ‘n buitestander van jou situasie, sien jy jou situasie anderste, veral as die ander persoon jou wys op ‘n ander manier van kyk na dieselfde situasie. Dit bring closure in ‘n mens se lewe. Partykeer is dit vir my bitter moeilik om sulke dinge dinge te gesels.

Ek is van mening dat ‘n mens so ‘n persoon of persone in jou lewe moet toelaat - iemand wat daar sal daar wees as die dinge van jou lewe jou verswelg soos ‘n reuse brander. Iemand wat bereid is om te luister en ‘n skouer te kan wees waarop jy kan huil. In Engels is daar ‘n terme vir so ‘n persoon: confidant (of confidante as dit ‘n vrou is).

Ekself is meer gemaklik om met die vroulike geslag oor my probleme te gesels, want hulle is tog emosioneel sterker as ons mans en kan defnitief meer pyn vat as ons (hoe dan anders, dis hulle wat ons in die wêreld ingebring het.)

Daar is ‘n teorie daarbuite wat die stelling maak: Teenpole trek mekaar aan (Opposites Attract). En ek dink selfs in verhoudinge met ander mense is dit ook so. Dogters is meer geneigd om ‘n band met hul pa’s te hê, terwyl die selfde band tussen ma’s en haar seuns bestaan. As ek nou mooi nadink, is ma/seun en pa/dogter verhoudinge die fondament van toekomstige meisie/seun verhoudinge en veel later die man/vrou verhouding binne die huwelik.

My ma sal gewoonlik optel as iets skort in my lewe (is dit haar vroulike intuïsie of steek ek dalk my gemoedstoestand net sleg weg?) Ander mense sal weer agterkom iets skort by my, deur net na my gesigsuitdrukking te kyk.

Partykeer voel ek net meer gemakliker om met iemand anders te gesels as my eie ma, want soms is dit net plein moeilik om vir jou eie vlees en bloed te sê wat fout is in jou lewe. Ekself het die voorreg om so persoon in my lewe te hê. Tannie Elmarie het al vroeg in my lewe al die rol begin vertolk. Ek weet nie hoekom nie, maar sy het geweet nog lank voordat ek my voet in Monument Park gesit het, dat ek ‘n anderste persooon is, dat ek nie ordinêr is nie.

Dit was in die jaar 2002, een Sondag-môre, net na kerk. Ek was op pad huis toe, toe Tannie Elmarie my corner en vir my inlig dat een van die ander redenaars wat sou deelneem aan die ATKV halfeind-rondte die Vrydag na die spesifieke Sondag, onttrek het en dat ek haar plek moes inneem.

Toe sy dit vir my noem was ek terrified en verbysterd. Ek was paniekerig, want die laaste keer wat ek my toespraak gelewer het, met inter-huis uitdunrondtes, waar ek uitgeval het, maar gekies was as reserwe, en almal voor wie ek my toespraak gelewer het was bekendes. Nou ewe skielik moet ek my toespraak voor ander mense lewer, wildvreemde mense!

Met haar motivering en haar begrip van die Afrikaanse taal, het sy my daardeur gedra, selfs ‘n selfvertroue in my gekweek.Ek het toe die Vrydag my toespraak gelewer, en die mense wat my aangehoor het, het my na my toespraak geluk gewens met my toespraak.

Tannie Elmarie was ook daar met die meervoudige lewenskrisse wat ek in my matriekjaar ervaar het. Een Maandagmiddag, gedurende tweede pouse, na ‘n relletjie met ‘n groep meisiekinders, het ek gevoel om my matriekbalkie op te gee “and to call it quits”.

Tannie Elmarie het my oortuig dat die probleem lê nie by my as leier nie, maar spesifiek in hierdie geval, was daar meer as een tipe persoonlikheid wat gebots het. Sy het my die moed ingepraat om aan te gaan met my matriekraadskap, tot die volstrekking van my termyn.

Tannie Elmarie was ook daar toe ek en Madelein uitmekaar uit is. Sy het my aangespoor om die mooi dinge wat ek ervaar het toek ek en Madelein saam was, die moeite werd was en dat alles wat ek uit hierdie verhouding kon neem, saam moet vat met my reis na die liefdesverhouding wat oor die horisonne na my wink.

Thursday, March 24, 2005

Om te skryf of nie te skryf … dis die vraag

Dis weird watter paadjies die lewe met jou as persoon loop. Ek staan nou in my twintigste jaar hier op aarde en ek kan sê ... eerder getuig , dis nie jou straight forward plat reguit pad nie. Dis eerder ’n kronkelende pad, vol draaie en steiltes en baie afdraande – nie swyende rustige draaie nie, eerder steil en skerp 45° afdraande – jy sal eers agterkom jy is in die moeilikheid nádat jy in die gat beland het.

Ek weet nie hoekom ek ewe skielik my gevoelens uitdruk op skrif, of eerder elektroniese formaat nie. Dalk is dit net makliker om jou emosies en gevoelens uit te druk wanneer dit in jou agterkop rondbuzz en dat jy voor jou PC inskuif en net insit wat jy op daardie stadium voel en ervaar.

Ja, ek het mense met wie kan gesels as die golwe van my lewe dalk te rof raak om dit alleen te hanteer. Maar dit is nie altyd so maklik om jouself mondelings uit te druk nie. Ek dink ’n ander rede hoekom ek skrywe is dat ek ’n voorliefde vir woorde en taal het en dat ek my mengelmoes van emosies beter só kan uitdruk, as om fisies met iemand te gesels.

Ek het dit al ervaar, dat as ek met ’n persoon gesels, dat die ander persoon ervaar dat ek in raaisels praat, of dat die persoon in die middel van ons gesprek sal vra, “Waarvan praat jy?”

Dit kan dalk ook wees hoe die persoon geestelik, emosioneel en sielkundig ontwikkel is. Tannie Elmarie het op die dag in matriek wat ek my matriekbalkie wou opgee een net wil opgee vir my gesê wat sy sien in my persoonlikheid. Sy het vir my daardie dag gesê dat ek anderste is as die res van die skool is en sy het opgemerk dat ek al op ’n vroeë ouderdom besluit het om nie myself op te hou met die kinderagtige dinge van my ouderdomsgroep nie. En sy was reg.

Nog altyd was ek anders as die res van my vriende in dieselfde ouderdomsgroep. Toe ek nog jonger was – ek dink ek was so tussen 9 of 10 jaar oud, het ek myself verbeel dat ek die besturende direkteur is van een of ander groot rekenaar-maatskappy is en dat ek vir my ’n “rekenaar” uit ’n ou skoenboks gemaak het.

In elk geval die drang om al my gevoelens op skrif uit te druk, kan as gevolg wees vandat ek Rachell Greeff se boek, Spektakels en Mirakels gelees het. Sy was vroeër die skrywer van die Sarie agterblad-stories.

Baie van die kort skyfstukke , kon ek aflei, is van hierdie agterblad-stories. Sy is baie eerlik hoe sy voel en sal gereeld metaforiese voorbeelde gebruik om haar emosies uit te druk.

Ek hoop dat deur hierdie skryfstuk sal julle, as leser daarvan ’n beter understanding hê van wat in hierdie annerste man se kop aangaan.

Saturday, April 10, 2004

Elegie van ‘n stadskind

Elegie van ‘n stadskind

Reeds 2000 jaar gelede

Verbied deur volwasse familielede

Om met ‘n Oom te gesels

Volgens die wet van die Perse en Mede

Sangers wat meer as net sing

Ouers wat hul kinders met haat deurdring

Kinderlike onskuld word verloor

Wanneer gedagtes, pyne, emosies hul lewens vermoor

Êrens in die Reënboog huil ‘n kind troosteloos

Vir die ding in die donker – boos

Sy hart klop vinniger, harder, deurdringender...

‘n lewe verwoes – vertrape roos