Friday, May 6, 2005

Daar’s lig aan die einde van die tonnel (en dis nie ‘n trein nie)

Daar’s ‘n spreekwoord wat lui “If life does not kill you, it makes you a stronger person.” En hiermee wil ek by die kerngedagte kom van dié skryfstuk. Elke iets in die lewe wat seermaak het ‘n sekere doel daaragter. Ekself het al soveel kere die smaak van seerkry in my mond gehad – fisies maar ook veral ‘n goeie skoot emosionele seer.

Hulle(die shrinks), sê dat dit goed is om ontslae te raak van jou baggage, deur om daaroor te gesels. Gewoonlik as ‘n mens daaroor gesels, veral teenoor ‘n buitestander van jou situasie, sien jy jou situasie anderste, veral as die ander persoon jou wys op ‘n ander manier van kyk na dieselfde situasie. Dit bring closure in ‘n mens se lewe. Partykeer is dit vir my bitter moeilik om sulke dinge dinge te gesels.

Ek is van mening dat ‘n mens so ‘n persoon of persone in jou lewe moet toelaat - iemand wat daar sal daar wees as die dinge van jou lewe jou verswelg soos ‘n reuse brander. Iemand wat bereid is om te luister en ‘n skouer te kan wees waarop jy kan huil. In Engels is daar ‘n terme vir so ‘n persoon: confidant (of confidante as dit ‘n vrou is).

Ekself is meer gemaklik om met die vroulike geslag oor my probleme te gesels, want hulle is tog emosioneel sterker as ons mans en kan defnitief meer pyn vat as ons (hoe dan anders, dis hulle wat ons in die wêreld ingebring het.)

Daar is ‘n teorie daarbuite wat die stelling maak: Teenpole trek mekaar aan (Opposites Attract). En ek dink selfs in verhoudinge met ander mense is dit ook so. Dogters is meer geneigd om ‘n band met hul pa’s te hê, terwyl die selfde band tussen ma’s en haar seuns bestaan. As ek nou mooi nadink, is ma/seun en pa/dogter verhoudinge die fondament van toekomstige meisie/seun verhoudinge en veel later die man/vrou verhouding binne die huwelik.

My ma sal gewoonlik optel as iets skort in my lewe (is dit haar vroulike intuïsie of steek ek dalk my gemoedstoestand net sleg weg?) Ander mense sal weer agterkom iets skort by my, deur net na my gesigsuitdrukking te kyk.

Partykeer voel ek net meer gemakliker om met iemand anders te gesels as my eie ma, want soms is dit net plein moeilik om vir jou eie vlees en bloed te sê wat fout is in jou lewe. Ekself het die voorreg om so persoon in my lewe te hê. Tannie Elmarie het al vroeg in my lewe al die rol begin vertolk. Ek weet nie hoekom nie, maar sy het geweet nog lank voordat ek my voet in Monument Park gesit het, dat ek ‘n anderste persooon is, dat ek nie ordinêr is nie.

Dit was in die jaar 2002, een Sondag-môre, net na kerk. Ek was op pad huis toe, toe Tannie Elmarie my corner en vir my inlig dat een van die ander redenaars wat sou deelneem aan die ATKV halfeind-rondte die Vrydag na die spesifieke Sondag, onttrek het en dat ek haar plek moes inneem.

Toe sy dit vir my noem was ek terrified en verbysterd. Ek was paniekerig, want die laaste keer wat ek my toespraak gelewer het, met inter-huis uitdunrondtes, waar ek uitgeval het, maar gekies was as reserwe, en almal voor wie ek my toespraak gelewer het was bekendes. Nou ewe skielik moet ek my toespraak voor ander mense lewer, wildvreemde mense!

Met haar motivering en haar begrip van die Afrikaanse taal, het sy my daardeur gedra, selfs ‘n selfvertroue in my gekweek.Ek het toe die Vrydag my toespraak gelewer, en die mense wat my aangehoor het, het my na my toespraak geluk gewens met my toespraak.

Tannie Elmarie was ook daar met die meervoudige lewenskrisse wat ek in my matriekjaar ervaar het. Een Maandagmiddag, gedurende tweede pouse, na ‘n relletjie met ‘n groep meisiekinders, het ek gevoel om my matriekbalkie op te gee “and to call it quits”.

Tannie Elmarie het my oortuig dat die probleem lê nie by my as leier nie, maar spesifiek in hierdie geval, was daar meer as een tipe persoonlikheid wat gebots het. Sy het my die moed ingepraat om aan te gaan met my matriekraadskap, tot die volstrekking van my termyn.

Tannie Elmarie was ook daar toe ek en Madelein uitmekaar uit is. Sy het my aangespoor om die mooi dinge wat ek ervaar het toek ek en Madelein saam was, die moeite werd was en dat alles wat ek uit hierdie verhouding kon neem, saam moet vat met my reis na die liefdesverhouding wat oor die horisonne na my wink.

Thursday, March 24, 2005

Om te skryf of nie te skryf … dis die vraag

Dis weird watter paadjies die lewe met jou as persoon loop. Ek staan nou in my twintigste jaar hier op aarde en ek kan sê ... eerder getuig , dis nie jou straight forward plat reguit pad nie. Dis eerder ’n kronkelende pad, vol draaie en steiltes en baie afdraande – nie swyende rustige draaie nie, eerder steil en skerp 45° afdraande – jy sal eers agterkom jy is in die moeilikheid nádat jy in die gat beland het.

Ek weet nie hoekom ek ewe skielik my gevoelens uitdruk op skrif, of eerder elektroniese formaat nie. Dalk is dit net makliker om jou emosies en gevoelens uit te druk wanneer dit in jou agterkop rondbuzz en dat jy voor jou PC inskuif en net insit wat jy op daardie stadium voel en ervaar.

Ja, ek het mense met wie kan gesels as die golwe van my lewe dalk te rof raak om dit alleen te hanteer. Maar dit is nie altyd so maklik om jouself mondelings uit te druk nie. Ek dink ’n ander rede hoekom ek skrywe is dat ek ’n voorliefde vir woorde en taal het en dat ek my mengelmoes van emosies beter só kan uitdruk, as om fisies met iemand te gesels.

Ek het dit al ervaar, dat as ek met ’n persoon gesels, dat die ander persoon ervaar dat ek in raaisels praat, of dat die persoon in die middel van ons gesprek sal vra, “Waarvan praat jy?”

Dit kan dalk ook wees hoe die persoon geestelik, emosioneel en sielkundig ontwikkel is. Tannie Elmarie het op die dag in matriek wat ek my matriekbalkie wou opgee een net wil opgee vir my gesê wat sy sien in my persoonlikheid. Sy het vir my daardie dag gesê dat ek anderste is as die res van die skool is en sy het opgemerk dat ek al op ’n vroeë ouderdom besluit het om nie myself op te hou met die kinderagtige dinge van my ouderdomsgroep nie. En sy was reg.

Nog altyd was ek anders as die res van my vriende in dieselfde ouderdomsgroep. Toe ek nog jonger was – ek dink ek was so tussen 9 of 10 jaar oud, het ek myself verbeel dat ek die besturende direkteur is van een of ander groot rekenaar-maatskappy is en dat ek vir my ’n “rekenaar” uit ’n ou skoenboks gemaak het.

In elk geval die drang om al my gevoelens op skrif uit te druk, kan as gevolg wees vandat ek Rachell Greeff se boek, Spektakels en Mirakels gelees het. Sy was vroeër die skrywer van die Sarie agterblad-stories.

Baie van die kort skyfstukke , kon ek aflei, is van hierdie agterblad-stories. Sy is baie eerlik hoe sy voel en sal gereeld metaforiese voorbeelde gebruik om haar emosies uit te druk.

Ek hoop dat deur hierdie skryfstuk sal julle, as leser daarvan ’n beter understanding hê van wat in hierdie annerste man se kop aangaan.

Saturday, April 10, 2004

Elegie van ‘n stadskind

Elegie van ‘n stadskind

Reeds 2000 jaar gelede

Verbied deur volwasse familielede

Om met ‘n Oom te gesels

Volgens die wet van die Perse en Mede

Sangers wat meer as net sing

Ouers wat hul kinders met haat deurdring

Kinderlike onskuld word verloor

Wanneer gedagtes, pyne, emosies hul lewens vermoor

Êrens in die Reënboog huil ‘n kind troosteloos

Vir die ding in die donker – boos

Sy hart klop vinniger, harder, deurdringender...

‘n lewe verwoes – vertrape roos