Sunday, September 2, 2007
Welcome
What can you expect from this blog. Well to put it bluntly, if i have some on my mind, you will probably see it here first. This blog will be all about the stuff i expierence in my own life and it might also contain my thoughs on other topics that might come to mind.
Thank you for visting my blog and i hope to see you soon
Sunday, July 8, 2007
Adventures in missing the point
Want sien, deur die loop van die gesprek, kom die vraag van Chris se kant af (uit pure belangstelling) met watter leesmateriaal ek myself mee besig hou. Dit was toe dit uitkom dat ek meestal omgaan met Christen litratuur omgaan (en my boekrak kreun daaronder).
’n Paar sinne later sê hy ’n profound ding – Hy sê dat ek my uitkykppunt moet wyer maak as wat dit is, meer as net die oogpunt van een Christenskrywer. Eintlik wat hy daarmee bedoel het dat ek nie net een skrywer se woorde as die Alfa en die Omega moet aanvaar nie. Maar iets dieper het in my losgekom ...
En dis toé ek besef: Ek het die boot heeltemal gemis! Ek het so vervleg geraak met Christenboeke, musiek en vriende, dat ek heeltemal die wêreld afgeskeep het.
Die Bybel sê dat ons nie van die wêreld is nie, maar wél dat ons in die wêreld is. Die eerste punt, die verstaan ek – Ons moenie onsself conform met die leefstyl van die wêreld Maar waar ek die punt gemis het, is met die tweede punt: “Maar julle is in die wêreld” (my vertaling)
Ek het myself toegespin in ’n Christen-kokon – myself in isolasie geplaas, terwyl ek suppose was om Jesus se hande en voete te wees.
Ek het touch verloor waaroor my opdrag eintlik gaan.
Here, ek is jammer dar ek U gdrop het. Daar is niks verkeerd dat ek Christen literatuur gelees het nie, maar ek, Jesus, het dinge net vir myself gehou, nie my Christenskap prakties in die wêreld uitgeleef het nie.
Vergewe my , Here, vir my ignorance, my selfsug. Help my om in voeling te wees met die wêreld rondom my, sodat ek nog steeds ’n leefstyl leef waar ek nie conform met die dinge van die wêreld nie, maar dat ek ’n verstandhouding het, van wat besig is om rondom my te gebeur, hier in die wêreld.
Dankie vir Chris, Dankie dat U hom gestuur het om die oogklappe voor my oë af weg te neem.
Friday, July 6, 2007
Superheroes
On 25 March, my new friend, and also our church's proponent preached on the subject of Super-hero's, during the children's service held at our church this morning. Now his message touched me so much, that I want to collaborate some more on Super Hero's.
Firstly, I want to make it clear, that I don't want to copy-cat everything he'd said on the subject, instead just voice my opinion. And Chris, if you're reading this, I thought the message wasn't great at all. It more worse … I thought it was AWESOME!!!.
Chris used the example of the comic strip/ movie/ tv superhero, superman. Chris collaborated on the abilities of superman: Speed, X-ray vision, Strength and stuff like that.
But then he told about another HERO, one with the ability to be everywhere at the same time, who can heal the sick, let blind men/woman see, let paralyzed people stand up and let them walk away, as if they weren't paralyzed at all. HE is also able to direct the weather, and even feeding thounsands of people with only 2 Fish and 5 loaves of bread. But also, when the people killed HIM, three days later HE was able to stand up from the grave and lived.
This HERO, is no one else than Jesus, the SON of the LIVING GOD, and also GOD. Now this HERO impress me more than a "make believe hero like spidey, or that other green guy or the 4 friends( not to be confused with Joey, Chandler and the other friends sitting on the park bench.)
Jesus himself said "No one has greater love than this, that a man lay down his life for his friends."(John 15:13 MKJV). That is true what He'd said, because He did not just lay down HIS life for those who followed Him the 3 years He ministered the Good News, when He walked the earth. No, He came to said us free, from the sin that bound us from the time of Adam and Eve, until He'll be returning to earth at the day of judgement. He came and walked this earth, that the relationship man and GOD had before an incident involving, a man, a woman a snake and also a fruit, may be restored[made whole].
He loves you so much that He paid the Eternal price of your sin[wrongdoings], with HIS death, when HE took all the sin of the world-Past,Present and the Future on his shoulders and paid for it ONE TIME.
He died a sinners-death, so that we don't have to. Romans 3:23 says "For all has sinned and come short of the glory of God" (MKJV). Romans 6:23 repeat this "For the wages of sin is death, …" Jesus already died that death for us, for our sin. But verse 23 continues with this: "but the Gift of GOD is Eternal life through Jesus Christ, Our Lord."
You remember what Romans 3:23 said: "For all has sinned and come short of the glory of God". Now for me this means, my good deads, going to church, reading my bible, stuff like that "Christians" do, won't get me into heaven, no "For by grace you are saved through faith, and that not of yourselves, it is the gift of God, not of works, lest anyone should boast." (Ephesians 2:8-9, MKJV).
The only way you can be saved, is that you believe with your whole heart, that JESUS paid the price for you sin and it is by this gift of grace that you can be saved.
You can have a restored relationship with GOD, and Inherit the grace gift of Enternal life, right here, where you are sitting and reading this.
Firstly you must admit(confess) to God that you are a sinner, that you have came to a place in your life that you've realized, that you need Someone to free you from your sin. Then making the decision to turn your back (repent) on all your sinful desires – stuff that hurts others and yourselve. Confess to the the LORD that you believe that HE died for your Sin and that He raised from the dead, so that you don't have to pay the price for your sin. Accept Him as your LORD and Saviour, willing do to His will, Going to where He calls you to GO.
The following is a short prayer (conversation with GOD) that you can do right now that says what the previous paragraph has said:
"Dear God, I don't understand it all, but I do understand and admit to you right now, that I'm a sinner, that needs Someone to set me free from my sin. For I know that I am sinner and the result of my sin {Confess the stuff that you have done wrong}, is Eternal death.
But I stand in the position to make the decision to be set free by You right now, and turning my back on all things that has hurt You, the people around me and ultimately myself.
Lord, I believe with my whole heart, and I confess it with my mouth, that You have send Your Son, Jesus to become man, and to die on the cross for my sin, and that He rose from the grave on the third day. That He has conquered Sin and death and Won!!! Lord, I now submit myself to Your will alone. Lord Let Your Will Be Done In My Life. I turn my back on earthly gods, and accept You now as my Only GOD.
Holy Spirit, please fill me with your always-present presence,Convicting me of sin in my life and confessing them as they come to mind.
I ask You Lord, all of these things, in the Name of Jesus Christ, My LORD AND SAVIOUR.
Amen.
If you just prayed that prayer, I just want to say, welcome to the family of Christ. If I don't see you while here on earth, I will see you in heaven.
Because you have been born again, you are a Spiritual baby and just like real babies you need to grow. The following list of stuff will help you to grow:
Read your Bible every day: Start by reading the Gospel of John. Don't have a Bible? While you're on the Internet, do a search for Online Bible, and you will find lots of links for Bibles that you can read, while online, or Free Bible Applications that you can download. You can buy a Bible at most book stores.
Pray: For any relationship to work (any kind of relationship), the two main things to do is Speak, and Listen. To grow in your relationship with God, you need to speak (Pray) to him daily, and wait for Him to speak to you (Listen). There aren't any special words, so what I do, I would speak to him, as I would to a friend, a normal conversation.
Fellowship: This basically means, join a church where the Good News of Jesus Christ is proclaimed. You need people around you that can help you grow Spiritually.
Witness: Tell other people of your decision to follow Christ as your Saviour. Most people will slander you, or be mean to you, but that is part of being a Christian, you must be willing to speak out of what Jesus has done in your life.
For more questions, please email me at: tianboonzaaier@gmail.com
If you just decided to follow Jesus, please email me also at the above email address.
God Bless.
Tian
Wednesday, February 8, 2006
Kringe in my bos
Apologie aan Saul Barnard
“Die lewe is ’n skewe sirkel, pa. Aan die een kant is die houtkopers besig om die houtkappers uit te mergel, terwyl die houtkappers besig is om die Bos uit te mergel…”
Twee jaar het verloop vandat ek Kringe in ’n Bos gelees het as deel van my Matriek Afrikaans. Aanvanklik was die milieu van Kringe, ’n bietjie moeilik om te begryp, maar toe ons redelik gevorder het in die boek begin die sirkel motief wat handel oor die tydlyn waar die verhaal homself afspeel, wél toe val alles in plek soos ’n legkaart.
Tot die een aand toe ons ’n jeugspan vergadering gehad het, het ek nie rêrig gedink dat dié boek sou ’n groot invloed op my lewe hê nie, maar sommige waarhede wat Saul gepraat en gedink, het onverwags tog vasgesteek. Dankie Saul.
Waar ek nou die eerste paar woorde van hiérdié paragraaf nou tik, is ek al reeds vir vyf dae by die huis nadat ek op die 3de Februarie van hierdie jaar my diploma kursus by CTI klaargemaak het. Dit voel nog steeds ’n bietjie onwerklik - een oomblik worry ek myself siek oor die eksamens en skielik is als maar net ’n vae herinnering.
Julle wonder seker waar pas Kringe in ’n Bos nou in. Om mee te begin, juis die feit dat ek klaar geswot is, ’n voltooide sirkel in my lewe. Die voltooide sirkel in my lewe verteenwoordig natuurlik my opvoeding wat ek ontvang vandat ek oud genoeg was om skool toe te gaan, tot die dag toe ek my studies voltooi het. Selfs hierdie sirkel het sekondêre sirkels binne – in homself.(Ja, my sirkel net soos ek is manlik).
My jaar (1991) wat ek in pre-primêr in Fanie Theron gespandeer het kan gesien word as die begin van my laerskool loopbaan. Die opeenvolgende jaar tot die einde van 1997, was ek Paarl Skool gewees, en daarna weer teruggekom Fanie Theron toe vir my graad 6 en 7 jaar. Die Paarl Skool sirkel natuurlik is ook ’n siklus op sy eie.
Toe ek graad 7 aan die einde van 1999 voltooi, op die vooraand van die nuwe millennium, is my laerskool siklus, wat my jare by Paarl Skool insluit, afgesluit en die jaar daarop my Hoërskool sirkel begin! Die nuwe sirkel, soos ek baie gou sal ontdek het eintlik omtrent vir elke jaar sy eie siklus gehad, maar ook vir sekere goed wat ek aangepak het, het ook sy eie siklus gehad.
Die jare het verby gevlieg en toe land ek in Matriek en raai wat, Saul Barnard se biografie word my voorland in die eerste drie maande van my sewe maand siklus van my laaste jaar op skool!
Dis ook in die tweede maand van dié jaar wat ek malkop verlief raak op ’n vriend vir die afgelope twee jaar of so. Die gevoel haar uit te vra, het die sterkste begin klop, so twee dae voor dat Kupido sy pyl en boog span en onverwagte paartjies vang. Toevallig was daar ’n hipnotiseur daardie dag by die skool, maar geen bewys kan gevind word dat hy verantwoordelik is vir enige bonatuurlike intervensie nie.
Miskien was dit die feit dat die matriekraad daardie bestemde aan ballonne opgeblaas het vir die vale en dat ons boonop die rose die volgende dag, saam met die ballonne teen halfprys kan kry. So die volgende dag, so tien minute voordat die klok gelui het, het ek en sy ’n alleen oomblik saam (nie wat julle dink nie ...) en dis waar ek die groot vraag vra( wél altans die tweede grootste vraag wat bestaan).
Ons was toe vir 8 maande saam, toe sy my in die middel van my finale eksamen net los? Goed die hele scenario rondom die feit dat sy my gelos het is nog steeds vaag. Dus sal daar nie in diepte ingegaan daarop nie. Dus het daardie sirkel op ’n seer manier geëindig.
Anyway, so twee maande daarna vind ek uit dat ek my graad 12 jaar geslaag het en dat ek binne volgende twee weke kan begin by CTI. Dus word nie net my hoërskool siklus voltooi nie maar ook my loopbaan op skool Soos ek al reeds gesê het, slaag ek my laaste eksamen op 3 Februarie 2006. En so word daardie siklus ook afgesluit.
Net soos in Kringe, word daar ook terug na die hede en weer na die verlede gespring, so universeel bestaan daar ook ’n tydsiklus in my lewensverhaal.
Toe ek en Madelein uit mekaar uit is, was daar sekere van die goed (onthou julle nog van die scenario van wat ek gepraat het) wat nie heeltemal opgelos was nie. Daar was soos in die meeste romans toue wat nie saamgebind is om die verhaal te voltooi nie.
Ek gaan op 17 Februarie 2006, finaal afsluiting kry oor wat in die verlede gebeur het, en dus word nog ’n siklus so afgesluit. Ek weet dat ek ook eendag kan sê soos Saul aan die einde van Kringe gesê het, “Maska, gaan roep vir Miss Kate...”, met bedoeling dat die regte persoon gaan nog my paadjie kruis, of dat die persoon al reeds my pad gekruis het, maar ek nog met oogklappe opgesit het.
Tuesday, August 9, 2005
Vasbyt die pad is lank en onvoorspelbaar
Ek het toe nie die werk by Gospel Direct gekry nie. En ek voel nie regtig sleg daaroor nie. Want weereens besef ek dat alles met ‘n doel gebeur end data God altyd in beheer is.
Kyk net na verlede week met my praktiese eksamen wat ek Dinsdag (2 Augustus 2005) geskryf het. Voordat die praktiese eksamen gemerk was, was ek oortuig dat ek dit nie gaan maak nie., maar tog vir die effort wat ek ingesit het, het ek geslaag, al was dit net-net.
Dit laat my nogal dink aan Abraham Lincoln, een van die V.S.A se vele Presidente. Daar het 29 jaar verloop van dat hy die eerste keer bankrot gespeel het, tot sy verkiesing as president van die V.S.A in 1861.
En in daardie 29 jaar, het baie dinge met hom gebeur wat hom oor en oor teen die grond geslaan het. Hy het nadat hy die eerste keer bankrot gespeel het, weer ‘n paar jaar later bankrot gespeel, sy vrou het ‘n paar jaar later gesterf, en nog daarna het hy ook ‘n senu-ineenstorting gehad. Wat merkwaardig is, is dat hy elke keer as ‘n platgeslaan en verpletter was, weer opgestaan voortgegaan met sy lewe.
Bruce Marchiano, die akteur wie die rol van Jesus in die welbekende Mattheus-video vertolk het, vertel die volgende in sy boek, In The Footsteps of Jesus, en ek haal net ‘n klein gedeelte aan.
“…Well in the first year of graduate school, life came crashing down around me (at least it felt that way at the time). Remember the girlfriend … and surprise of all surprises after months of ups and downs; she decided to move on, leaving me a heartbroken wreck.
It felt like I’d been hit by a Mack truck and a day or so after it all came down, I reached the phone to call Dr. Ron. The moment he heard the brokenness in my voice he simply and firmly said “Come over right now.” … Then, as if the add insult to the injury, he opened up his mouth and spoke two shocking sentences:
“Bruce, God has something really big planned for your life. I don’t know what it is, but it is really really big…” 1
En dis toe die waarheid my tref: God beplan iets vir my lewe wat baie groter en meer ondenkbaar is vir my verbeelding. Op daardie stadium was Bruce Marchiano net nog ‘n college student, maar net ‘n paar jaar later sou hy in in Jesus se skoene wees en Jesus se woorde spreek.
Dit
____________________________________________________
1. Excerpt taken from In the footsteps of Jesus by Bruce Marchiano. Published by Harvest House Publishers, Eugene , Oregon 97402 and Visual Entertainment, Dallas, Texas 75248
Friday, May 6, 2005
Daar’s lig aan die einde van die tonnel (en dis nie ‘n trein nie)
Daar’s ‘n spreekwoord wat lui “If life does not kill you, it makes you a stronger person.” En hiermee wil ek by die kerngedagte kom van dié skryfstuk. Elke iets in die lewe wat seermaak het ‘n sekere doel daaragter. Ekself het al soveel kere die smaak van seerkry in my mond gehad – fisies maar ook veral ‘n goeie skoot emosionele seer.
Hulle(die shrinks), sê dat dit goed is om ontslae te raak van jou baggage, deur om daaroor te gesels. Gewoonlik as ‘n mens daaroor gesels, veral teenoor ‘n buitestander van jou situasie, sien jy jou situasie anderste, veral as die ander persoon jou wys op ‘n ander manier van kyk na dieselfde situasie. Dit bring closure in ‘n mens se lewe. Partykeer is dit vir my bitter moeilik om sulke dinge dinge te gesels.
Ek is van mening dat ‘n mens so ‘n persoon of persone in jou lewe moet toelaat - iemand wat daar sal daar wees as die dinge van jou lewe jou verswelg soos ‘n reuse brander. Iemand wat bereid is om te luister en ‘n skouer te
Ekself is meer gemaklik om met die vroulike geslag oor my probleme te gesels, want hulle is tog emosioneel sterker as ons mans en kan defnitief meer pyn vat as ons (hoe dan anders, dis hulle wat ons in die wêreld ingebring het.)
Daar is ‘n teorie daarbuite wat die stelling maak: Teenpole trek mekaar aan (Opposites Attract). En ek dink selfs in verhoudinge met ander mense is dit ook so. Dogters is meer geneigd om ‘n band met hul pa’s te hê, terwyl die selfde band tussen ma’s en haar seuns bestaan. As ek nou mooi nadink, is ma/seun en pa/dogter verhoudinge die fondament van toekomstige meisie/seun verhoudinge en veel later die man/vrou verhouding binne die huwelik.
My ma sal gewoonlik optel as iets skort in my lewe (is dit haar vroulike intuïsie of steek ek dalk my gemoedstoestand net sleg weg?) Ander mense sal weer agterkom iets skort by my, deur net na my gesigsuitdrukking te kyk.
Partykeer voel ek net meer gemakliker om met iemand anders te gesels as my eie ma, want soms is dit net plein moeilik om vir jou eie vlees en bloed te sê wat fout is in jou lewe. Ekself het die voorreg om so persoon in my lewe te hê. Tannie Elmarie het al vroeg in my lewe al die rol begin vertolk. Ek weet nie hoekom nie, maar sy het geweet nog lank voordat ek my voet in
Dit was in die jaar 2002, een Sondag-môre, net na kerk. Ek was op pad huis toe, toe Tannie Elmarie my corner en vir my inlig dat een van die ander redenaars wat sou deelneem aan die ATKV halfeind-rondte die Vrydag na die spesifieke Sondag, onttrek het en dat ek haar plek moes inneem.
Toe sy dit vir my noem was ek terrified en verbysterd. Ek was paniekerig, want die laaste keer wat ek my toespraak gelewer het, met inter-huis uitdunrondtes, waar ek uitgeval het, maar gekies was as reserwe, en almal voor wie ek my toespraak gelewer het was bekendes. Nou ewe skielik moet ek my toespraak voor ander mense lewer, wildvreemde mense!
Met haar motivering en haar begrip van die Afrikaanse taal, het sy my daardeur gedra, selfs ‘n selfvertroue in my gekweek.Ek het toe die Vrydag my toespraak gelewer, en die mense wat my aangehoor het, het my na my toespraak geluk gewens met my toespraak.
Tannie Elmarie was ook daar met die meervoudige lewenskrisse wat ek in my matriekjaar ervaar het. Een Maandagmiddag, gedurende tweede pouse, na ‘n relletjie met ‘n groep meisiekinders, het ek gevoel om my matriekbalkie op te gee “and to call it quits”.
Tannie Elmarie het my oortuig dat die probleem lê nie by my as leier nie, maar spesifiek in hierdie geval, was daar meer as een tipe persoonlikheid wat gebots het. Sy het my die moed ingepraat om aan te gaan met my matriekraadskap, tot die volstrekking van my termyn.
Tannie Elmarie was ook daar toe ek en Madelein uitmekaar uit is. Sy het my aangespoor om die mooi dinge wat ek ervaar het toek ek en Madelein saam was, die moeite werd was en dat alles wat ek uit hierdie verhouding kon neem, saam moet vat met my reis na die liefdesverhouding wat oor die horisonne na my wink.
Thursday, March 24, 2005
Om te skryf of nie te skryf … dis die vraag
Dis weird watter paadjies die lewe met jou as persoon loop. Ek staan nou in my twintigste jaar hier op aarde en ek kan sê ... eerder getuig , dis nie jou straight forward plat reguit pad nie. Dis eerder ’n kronkelende pad, vol draaie en steiltes en baie afdraande – nie swyende rustige draaie nie, eerder steil en skerp 45° afdraande – jy sal eers agterkom jy is in die moeilikheid nádat jy in die gat beland het.
Ek weet nie hoekom ek ewe skielik my gevoelens uitdruk op skrif, of eerder elektroniese formaat nie. Dalk is dit net makliker om jou emosies en gevoelens uit te druk wanneer dit in jou agterkop rondbuzz en dat jy voor jou PC inskuif en net insit wat jy op daardie stadium voel en ervaar.
Ja, ek het mense met wie kan gesels as die golwe van my lewe dalk te rof raak om dit alleen te hanteer. Maar dit is nie altyd so maklik om jouself mondelings uit te druk nie. Ek dink ’n ander rede hoekom ek skrywe is dat ek ’n voorliefde vir woorde en taal het en dat ek my mengelmoes van emosies beter só kan uitdruk, as om fisies met iemand te gesels.
Ek het dit al ervaar, dat as ek met ’n persoon gesels, dat die ander persoon ervaar dat ek in raaisels praat, of dat die persoon in die middel van ons gesprek sal vra, “Waarvan praat jy?”
Dit kan dalk ook wees hoe die persoon geestelik, emosioneel en sielkundig ontwikkel is. Tannie Elmarie het op die dag in matriek wat ek my matriekbalkie wou opgee een net wil opgee vir my gesê wat sy sien in my persoonlikheid. Sy het vir my daardie dag gesê dat ek anderste is as die res van die skool is en sy het opgemerk dat ek al op ’n vroeë ouderdom besluit het om nie myself op te hou met die kinderagtige dinge van my ouderdomsgroep nie. En sy was reg.
Nog altyd was ek anders as die res van my vriende in dieselfde ouderdomsgroep. Toe ek nog jonger was – ek dink ek was so tussen 9 of 10 jaar oud, het ek myself verbeel dat ek die besturende direkteur is van een of ander groot rekenaar-maatskappy is en dat ek vir my ’n “rekenaar” uit ’n ou skoenboks gemaak het.
In elk geval die drang om al my gevoelens op skrif uit te druk, kan as gevolg wees vandat ek Rachell Greeff se boek, Spektakels en Mirakels gelees het. Sy was vroeër die skrywer van die Sarie agterblad-stories.
Baie van die kort skyfstukke , kon ek aflei, is van hierdie agterblad-stories. Sy is baie eerlik hoe sy voel en sal gereeld metaforiese voorbeelde gebruik om haar emosies uit te druk.
Ek hoop dat deur hierdie skryfstuk sal julle, as leser daarvan ’n beter understanding hê van wat in hierdie annerste man se kop aangaan.
