Sunday, July 8, 2007

Adventures in missing the point

Ek is gefrustreerd met myself. Toe Chris saam met my en my ma koffie gedrink het, het ek besef dat ek die boot totaal en al gemis het.

Want sien, deur die loop van die gesprek, kom die vraag van Chris se kant af (uit pure belangstelling) met watter leesmateriaal ek myself mee besig hou. Dit was toe dit uitkom dat ek meestal omgaan met Christen litratuur omgaan (en my boekrak kreun daaronder).

’n Paar sinne later sê hy ’n profound ding – Hy sê dat ek my uitkykppunt moet wyer maak as wat dit is, meer as net die oogpunt van een Christenskrywer. Eintlik wat hy daarmee bedoel het dat ek nie net een skrywer se woorde as die Alfa en die Omega moet aanvaar nie. Maar iets dieper het in my losgekom ...

En dis toé ek besef: Ek het die boot heeltemal gemis! Ek het so vervleg geraak met Christenboeke, musiek en vriende, dat ek heeltemal die wêreld afgeskeep het.

Die Bybel sê dat ons nie van die wêreld is nie, maar wél dat ons in die wêreld is. Die eerste punt, die verstaan ek – Ons moenie onsself conform met die leefstyl van die wêreld Maar waar ek die punt gemis het, is met die tweede punt: “Maar julle is in die wêreld” (my vertaling)

Ek het myself toegespin in ’n Christen-kokon – myself in isolasie geplaas, terwyl ek suppose was om Jesus se hande en voete te wees.

Ek het touch verloor waaroor my opdrag eintlik gaan.

Here, ek is jammer dar ek U gdrop het. Daar is niks verkeerd dat ek Christen literatuur gelees het nie, maar ek, Jesus, het dinge net vir myself gehou, nie my Christenskap prakties in die wêreld uitgeleef het nie.

Vergewe my , Here, vir my ignorance, my selfsug. Help my om in voeling te wees met die wêreld rondom my, sodat ek nog steeds ’n leefstyl leef waar ek nie conform met die dinge van die wêreld nie, maar dat ek ’n verstandhouding het, van wat besig is om rondom my te gebeur, hier in die wêreld.

Dankie vir Chris, Dankie dat U hom gestuur het om die oogklappe voor my oë af weg te neem.

No comments: