Friday, May 6, 2005

Daar’s lig aan die einde van die tonnel (en dis nie ‘n trein nie)

Daar’s ‘n spreekwoord wat lui “If life does not kill you, it makes you a stronger person.” En hiermee wil ek by die kerngedagte kom van dié skryfstuk. Elke iets in die lewe wat seermaak het ‘n sekere doel daaragter. Ekself het al soveel kere die smaak van seerkry in my mond gehad – fisies maar ook veral ‘n goeie skoot emosionele seer.

Hulle(die shrinks), sê dat dit goed is om ontslae te raak van jou baggage, deur om daaroor te gesels. Gewoonlik as ‘n mens daaroor gesels, veral teenoor ‘n buitestander van jou situasie, sien jy jou situasie anderste, veral as die ander persoon jou wys op ‘n ander manier van kyk na dieselfde situasie. Dit bring closure in ‘n mens se lewe. Partykeer is dit vir my bitter moeilik om sulke dinge dinge te gesels.

Ek is van mening dat ‘n mens so ‘n persoon of persone in jou lewe moet toelaat - iemand wat daar sal daar wees as die dinge van jou lewe jou verswelg soos ‘n reuse brander. Iemand wat bereid is om te luister en ‘n skouer te kan wees waarop jy kan huil. In Engels is daar ‘n terme vir so ‘n persoon: confidant (of confidante as dit ‘n vrou is).

Ekself is meer gemaklik om met die vroulike geslag oor my probleme te gesels, want hulle is tog emosioneel sterker as ons mans en kan defnitief meer pyn vat as ons (hoe dan anders, dis hulle wat ons in die wêreld ingebring het.)

Daar is ‘n teorie daarbuite wat die stelling maak: Teenpole trek mekaar aan (Opposites Attract). En ek dink selfs in verhoudinge met ander mense is dit ook so. Dogters is meer geneigd om ‘n band met hul pa’s te hê, terwyl die selfde band tussen ma’s en haar seuns bestaan. As ek nou mooi nadink, is ma/seun en pa/dogter verhoudinge die fondament van toekomstige meisie/seun verhoudinge en veel later die man/vrou verhouding binne die huwelik.

My ma sal gewoonlik optel as iets skort in my lewe (is dit haar vroulike intuïsie of steek ek dalk my gemoedstoestand net sleg weg?) Ander mense sal weer agterkom iets skort by my, deur net na my gesigsuitdrukking te kyk.

Partykeer voel ek net meer gemakliker om met iemand anders te gesels as my eie ma, want soms is dit net plein moeilik om vir jou eie vlees en bloed te sê wat fout is in jou lewe. Ekself het die voorreg om so persoon in my lewe te hê. Tannie Elmarie het al vroeg in my lewe al die rol begin vertolk. Ek weet nie hoekom nie, maar sy het geweet nog lank voordat ek my voet in Monument Park gesit het, dat ek ‘n anderste persooon is, dat ek nie ordinêr is nie.

Dit was in die jaar 2002, een Sondag-môre, net na kerk. Ek was op pad huis toe, toe Tannie Elmarie my corner en vir my inlig dat een van die ander redenaars wat sou deelneem aan die ATKV halfeind-rondte die Vrydag na die spesifieke Sondag, onttrek het en dat ek haar plek moes inneem.

Toe sy dit vir my noem was ek terrified en verbysterd. Ek was paniekerig, want die laaste keer wat ek my toespraak gelewer het, met inter-huis uitdunrondtes, waar ek uitgeval het, maar gekies was as reserwe, en almal voor wie ek my toespraak gelewer het was bekendes. Nou ewe skielik moet ek my toespraak voor ander mense lewer, wildvreemde mense!

Met haar motivering en haar begrip van die Afrikaanse taal, het sy my daardeur gedra, selfs ‘n selfvertroue in my gekweek.Ek het toe die Vrydag my toespraak gelewer, en die mense wat my aangehoor het, het my na my toespraak geluk gewens met my toespraak.

Tannie Elmarie was ook daar met die meervoudige lewenskrisse wat ek in my matriekjaar ervaar het. Een Maandagmiddag, gedurende tweede pouse, na ‘n relletjie met ‘n groep meisiekinders, het ek gevoel om my matriekbalkie op te gee “and to call it quits”.

Tannie Elmarie het my oortuig dat die probleem lê nie by my as leier nie, maar spesifiek in hierdie geval, was daar meer as een tipe persoonlikheid wat gebots het. Sy het my die moed ingepraat om aan te gaan met my matriekraadskap, tot die volstrekking van my termyn.

Tannie Elmarie was ook daar toe ek en Madelein uitmekaar uit is. Sy het my aangespoor om die mooi dinge wat ek ervaar het toek ek en Madelein saam was, die moeite werd was en dat alles wat ek uit hierdie verhouding kon neem, saam moet vat met my reis na die liefdesverhouding wat oor die horisonne na my wink.

No comments: