Tuesday, August 9, 2005

Vasbyt die pad is lank en onvoorspelbaar

Ek het toe nie die werk by Gospel Direct gekry nie. En ek voel nie regtig sleg daaroor nie. Want weereens besef ek dat alles met ‘n doel gebeur end data God altyd in beheer is.

Kyk net na verlede week met my praktiese eksamen wat ek Dinsdag (2 Augustus 2005) geskryf het. Voordat die praktiese eksamen gemerk was, was ek oortuig dat ek dit nie gaan maak nie., maar tog vir die effort wat ek ingesit het, het ek geslaag, al was dit net-net.

Dit laat my nogal dink aan Abraham Lincoln, een van die V.S.A se vele Presidente. Daar het 29 jaar verloop van dat hy die eerste keer bankrot gespeel het, tot sy verkiesing as president van die V.S.A in 1861.

En in daardie 29 jaar, het baie dinge met hom gebeur wat hom oor en oor teen die grond geslaan het. Hy het nadat hy die eerste keer bankrot gespeel het, weer ‘n paar jaar later bankrot gespeel, sy vrou het ‘n paar jaar later gesterf, en nog daarna het hy ook ‘n senu-ineenstorting gehad. Wat merkwaardig is, is dat hy elke keer as ‘n platgeslaan en verpletter was, weer opgestaan voortgegaan met sy lewe.

Bruce Marchiano, die akteur wie die rol van Jesus in die welbekende Mattheus-video vertolk het, vertel die volgende in sy boek, In The Footsteps of Jesus, en ek haal net ‘n klein gedeelte aan.

“…Well in the first year of graduate school, life came crashing down around me (at least it felt that way at the time). Remember the girlfriend … and surprise of all surprises after months of ups and downs; she decided to move on, leaving me a heartbroken wreck.

It felt like I’d been hit by a Mack truck and a day or so after it all came down, I reached the phone to call Dr. Ron. The moment he heard the brokenness in my voice he simply and firmly said “Come over right now.” … Then, as if the add insult to the injury, he opened up his mouth and spoke two shocking sentences:

“Bruce, God has something really big planned for your life. I don’t know what it is, but it is really really big…” 1

En dis toe die waarheid my tref: God beplan iets vir my lewe wat baie groter en meer ondenkbaar is vir my verbeelding. Op daardie stadium was Bruce Marchiano net nog ‘n college student, maar net ‘n paar jaar later sou hy in in Jesus se skoene wees en Jesus se woorde spreek.

Dit kan dalk wees dat die plan wat God vir my het, eers op ‘n latere stadium deur God aan my bekend gemaak gaan word. Maar vir nou moet ek net aanhou leef met my oë gerig na BO en my knieë op die grond, smekend, en my hart naby aan Sy hart.

____________________________________________________

1. Excerpt taken from In the footsteps of Jesus by Bruce Marchiano. Published by Harvest House Publishers, Eugene , Oregon 97402 and Visual Entertainment, Dallas, Texas 75248

No comments: