Saturday, February 23, 2008

My Woorde

Woorde. Sommige kere so subtiel soos 'n sjokolade-truffel wat jy aan jou geliefde voer en dan stadig in haar mond wegsmelt. Maar woorde kan ook 'n storm in 'n koppie laat losbars, met Katrina se proporsies.

Allterasie en Assonansie - maniere hoe woorde kan vervleg word in 'n taaldans: Ritmies. Lewendig. Polsend.

Sommige mense sal van mening wees dat my skryfstukke effens ongestruktueerd is, meet geen kans dat dit voldoen aan die taalstruktuur van Standaard-Afrikaans( of Engels) nie!

My skryfstukke kan in dieselfde lig gesien word as 'n vrye vers. Per definisie is 'n vrye vers nie soseer gekoppel aan 'n vaste digstrukteer nie.

In daardie lig wissel my skryfstukke ook: paragrawe is nie ewe lank nie of sommige kere begin my sinne verkeerd, byvoorbeeld op 'want' en 'maar'.

Wat ek hiermee regkry, is om my woorde neer te pen, soos dit rondval in my gedagtes: ru en teer.

So, as julle nie hou van die manier hoe ek my tweetaligheid 'verkrag' nie, maak soos Kerkorrel sing in die laat 80's en vroeƫ 90's "SIT DIT AF, SIT DIT AF!"

No comments: